 |
Wildbedryf:
Die multimiljoen-rand wildbedryf groei steeds. Jag lewer die grootste bydrae, gevolg deur lewendige verkope van wild, ekotoerisme en verkope van wildsvleis. Verskeie satellietbedrywe is tans aktief betrokke. Privaat wildplase beslaan meer grond en het meer wild as al die nasionale parke en provinsiale reservate tesame.
Toerisme:
Getalle buitelandse toeriste neem steeds toe en die grootste persentasie besoek 'n natuur- of wildreservaat. Buitelandse jagters se getalle styg en plaaslike toeriste besoek ook toenemend wildplase.
|