Die Springbok
- Written by Super User
- Published in February 2013
- Read 659 times
- font size decrease font size increase font size
- Be the first to comment!
Antidorcas marsupialis
J du P Bothma
Die springbok Antidorcas marsupialis is die enigste gasel in Suid-Afrika. Zimmermann het hierdie spesie vir die eerste keer in 1780 wetenskaplik beskryf as Antilope marsupialis op grond van ’n beskrywing deur Allamand van ’n skildery wat Schouman van ’n springbok in die Suid-Kaap geskilder het. Die springbok word dikwels in die rotskuns van die San verbeeld, soos onder andere in Madoor se grot by die Wit Keirivier in die Oos-Kaap. Die naam Antidorcas is in 1847 deur Sundevall geskep omdat antilope net in Indië voorkom. Antidorcas beteken die keersy (anti-Dorcas) van Dorcas se gasel Gazella dorcas van Benede-Egipte wes van die Nylrivier, terwyl marsupialis verwys na die marsupium (buidel) op die rug waarin die wit pronk wegvou. Daar is drie erkende subspesies wat net in suidelike Afrika voorkom, met Antidorcas marsupialis marsupialis in die meeste dele van Suid-Afrika en Antidorcas marsupialis hofmeyri in die noordelike dele van die Noord-Kaap.
Fossielvorme van Antidorcas het 2,5 tot 500 000 jaar gelede in die noorde, ooste en suide van Afrika gelewe en het waarskynlik in Oos-Afrika uit ’n gasel ontstaan. Daar is minstens drie uitgestorwe soorte van Antidorcas bekend en die springbok se voorouer was waarskynlik Antidorcas recki. Die springbok en die drie uitgestorwe spesies van Antidorcas het een miljoen jaar gelede almal by Swartkrans in
Beskrywing
Die springbok is ’n vinnige en elegante gasel met lang bene. Die rug is donkerbruin en daar is ’n breë rooibruin band wat die boonste dele van die wit onderkant skei. Die kruis en stert is wit en daar is ’n diep sak op die rug waarin die wit pronk wegvou en deur bruin hare bedek word. Daar is ’n kenmerkende rooibruin streep vanaf die oog tot by die neusgate en die gesig is wit. Daar is ook ’n dorsale rif van lang wit hare. Die ore is lank, nou en gepunt, en die nek is lank. Daar is drie natuurlike kleurvariasies: gewone, wit en swart springbokke.
Die gewig en grootte van ’n volwasse springbok wissel tussen streke vanaf ’n gewig van 31,2 kg vir ’n volwasse ram en 26,5 kg vir ’n ooi in die noordelike provinsies van Suid-Afrika tot 41,6 kg en 35,4 kg in die Kalahari waar ’n ram van 46 kg al versamel is. Die skouerhoogte wissel vanaf 75 cm vir ’n ram en 72 cm vir ’n ooi tot 86 cm en 81 cm respektiewelik, met die grootste springbokke ook in die Kalahari met voeding ’n bepalende faktor. Albei geslagte dra horings wat eers agteroor buig voordat die punte na binne draai en vir die bepaling van ouderdom gebruik
Verspreiding
Die springbok kom in die suidwestelike dele van
Habitat
Die springbok verkies oop, dor gebiede en grasvlaktes maar vermy klipperige gebiede, lang grasveld en digte bosveld. Die habitatkeuse hang af van die voedselplante wat beskikbaar is en die hoogte en digtheid van die plantegroei wat sig beïnvloed.
Dieet
Die dieet bestaan gemiddeld uit 32 persent gras, 66 persent blare en 2 persent wildevrugte. In die
Kenmerke van ’n bevolking
Springbokke vorm groot troppe en volg die klank van donderweer na nuwe weiding. In die verlede het sulke springboktrekke reusetroppe gevorm. Gewoonlik vorm springbokke egter kleiner teeltroppe, territoriale ramme en ramtroppe. ’n Teeltrop sal deur die gebiede van verskeie territoriale ramme beweeg. Hierdie ramme merk hulle territoria met mishope. Die ooie is geslagsryp wanneer hulle 6 tot 12 maande oud is en die ramme wanneer hulle 12 tot 18 maande oud is. Paring duur 5 tot 23 dae en vind enige tyd van die jaar plaas, maar met ’n hoogtepunt in die reënseisoen wat van streek tot streek wissel. ’n Ooi in estrus
Die springbok is vroeg in die oggend en laat in die middag aktief en rus tydens die warmste deel van die dag. Die bok se wit pens weerkaats 72 persent van die sonlig. Die kenmerkende pronk vind plaas wanneer daar gevaar dreig en is ’n vorm van alarm. Tydens hierdie gedrag spring ’n springbok tot 2 m hoog en vorentoe met die rug gekrom, die bene saamgebondel en die kop na onder gehou terwyl die pronk oopvou en die lang wit hare orent staan.
Bestuur en benutting
Die springbok kruip onderdeur heinings en ’n geëlektrifiseerde draad 250 tot 300 mm bokant die grondvlak en 225 mm weg van die wildwerende heining word aanbeveel.
Vang en vervoer
Springbokke
Volwasse ramme word in enkelkratte onder kalmering vervoer terwyl 18 tot 22 ooie en jong diere in verdonkerde massakratte vervoer kan word met 0,35 m2 vloerspasie per dier. Die krat se vloer moet met ’n dik laag growwe sand of hooi bedek word.
Beladings
Die beladings wissel met reënval. ’n Breë belading is 0.15 Grootvee-eenhede per springbok (6.67 springbokke per Grootvee-eenheid) maar verfynde beladings is 0.31 Grasvreter-eenhede per springbok (3.23 springbokke per Grasvreter-eenheid) en 0.37 Blaarvreter-eenhede per springbok (2.70 springbokke per Blaarvreter-eenheid).
Vleis en lewende verkope
Springbokvleis is gesog en het 41,1 persent gevorm van die uitvoere van wildsvleis in 2008. In 2011 was die gemiddelde prys op wildveilings R1 392 vir ’n gewone springbok en R2 486 vir een vanaf die Kalahari. Die rekordprys van ’n gewone springbok is R2 400 en R2 650 vir een vanaf die Kalahari. Dit verteenwoordig R37,62 per kg vir ’n gemiddelde lewende gewone springbok van 37 kg in ’n bevolking. Die uitslag-persentasie van 56 persent lewer ’n karkas van ongeveer 4 tot 8 kg per gewone springbok.
Trofeejag
Die beste trofeë in Suid-Afrika kom in
Rowland Ward: Minimum lengte: 14,000 duim (35,56 cm); beste: 19,375 duim (49,21 cm) en versamel deur BL Steenkamp in Namibië in 1973.
Safari Club International: Minimum vereiste: 30 punte; beste: 45,125 punte en versamel deur John L Estes in 1987.
Suid-Afrikaanse Metode: Minimum lengte: 13,500 duim (34,29 cm); beste: 17,3125 duim (43,97 cm) en versamel deur G Nel by Hinginzi in die Kalahari.
Geselekteerde bronne beskikbaar by die redakteur