Jagwenke
- Published in February 2013
- Read 629 times
- font size decrease font size increase font size
- Be the first to comment!
BILTONG- EN WORSMAAKWENKE 1

Jokl le Roux
Nog ’n maand of drie en die winter sal weer op hande wees. Dan begin almal, selfs vegetariërs, weer ’n lus vir biltong en droëwors ontwikkel. Niejagters dink gewoonlik hierdie produkte groei aan doringbome, en dat jy tydens jou jagtog dit net gaan “pluk”. Hulle is daarom nie skaam om sommer openlik ’n bietjie biltong of wors te bedel as hul hoor jy is so pas terug van ’n jagtog af nie.
Biltong maak is harde werk. Behalwe vir die kilometers wat jy stap om die regte bok op te spoor, ente wat jy in die stof of deur dorings kruip om binne skootafstand te kom en die berg waaroor jy die karkas moes dra, is biltong sny ook ’n taak wat kennis van die spiere, sekuur sny, reg insout en ophang vereis – alles dinge wat jy op jou voete moet doen. Hier’s ’n paar wenke wat jou tydens die biltongmaakproses
As daar dalk pens- of derminhoud aan die karkas gekom het, sny die geaffekteerde gedeeltes weg, of as dit net effens is, was dit af met asyn. Water afkomstig uit boorgate
Moenie aluminium- of sink-/gegalvaniseerde houers gebruik nie want die asyn sal daarmee reageer. Gebruik liewer houers van plastiek of vlekvrye staal. Gepraat van asyn: In plaas van gewone druiweasyn
Vroeër jare moes die biltong vir minstens 12 ure in die pekel/biltongmengsel lê. Navorsing het bevind dat vyf ure gewoonlik voldoende is vir die osmose-uitruiling om plaas te vind. Wanneer jou biltong al vir ’n paar dae gehang het en reeds ’n “korsie” op het, en reënweer veroorsaak muf daarop, borsel dit af met ’n tandeborsel wat in asyn gedoop word. As die muf jou biltong beetkry binne die eerste dag of twee, haal dit liewer af en vries dit tot die weer beter is. Dis nie ideaal nie, maar
Gebruik gerus skuifspelde (paperclips) vir biltonghakies. Koop die gekleurde soort, wat handig is om te differensieer tussen verskillende biltongsnitte, wildspesies, ensovoorts. Andersins
’n Vinger bly dikwels in die slag tydens die vleissnyproses. As jy nie Bactroban of iets dergeliks byderhand het om die skadelike bakterieë wat dikwels in wildsvleis voorkom, hok te slaan nie, doop die geaffekteerde dele dadelik in Engelse sout-water (2 eetlepels opgelos in ’n halwe liter water). Engelse sout is in die meeste plaaskombuise beskikbaar.
Nog wenke oor hierdie onderwerp volg in die volgende twee uitgawes.