Tendense van Lewendewild-verkope
- Published in February 2013
- Read 805 times
- font size decrease font size increase font size
- Be the first to comment!
Die gemiddelde pryse vir 2012 is verteenwoordigend van 58 amptelike wildveilings wat gedurende die jaar in die onderskeie provinsies aangebied is. Die pryse weerspieël ʼn verteenwoordigende of verwysingsprys vir elke spesie.
Vergeleke met die vorige jare het die meeste algemene spesies ʼn dalende prystendens getoon.
In teenstelling hiermee het die waarde van skaarser of hoërwaarde- algemene spesies soos Livingstone-elande, basterhartbeeste, bontebokke, njalas en so meer ʼn toename in waarde getoon vergeleke met 2011.
ʼn Soortgelyke situasie geld vir kleurvariasies van die meer algemene spesies, asook vir sogenaamde gesplitstes, wat in die algemeen ʼn aansienlike toename in gemiddelde veilingspryse getoon het, vergeleke met dié van 2011. Byvoorbeeld, die gemiddelde pryse van wit blesbokke het toegeneem met 71% (of R924 tot R2 218) per bok; geel blesbokke (446%); goue gemsbokke (499%); swartrug-rooibokke (130%); swart rooibokke (49%); swart springbokke (80%); koper springbokke (48%); wit springbokke (19%) en goue wildebeeste met 11%. Die uitsondering op voorgenoemde is wit koedoes wat van R860 000 na R368 958 (-64%) gedaal het. Hierdie daling kan egter toegeskryf word aan die gemiddelde pryse van R235 000 wat behaal is vir vroulike diere op een bepaalde veiling. Hierdie diere verteenwoordig ongeveer 80% van alle wit koedoes wat gedurende 2012 verhandel is.
Wat die gesplitstes betref, is opmerklike toenames waarneembaar in die gemiddelde pryse van wit blesbok, blouwildebees en koningwildebees asook swart en wit rooibok, vergeleke met dié van 2011. Die gemiddelde pryse van gesplitstes kan egter misleidend wees weens die aansienlike prysverskille wat hoofsaaklik bepaal word deur die status, byvoorbeeld F1, F2 of F3 en die afkoms van die diere. Desnieteenstaande is dit duidelik uit die rou data dat pryse, in watter kategorie ook al, wel ʼn merkwaardige toename getoon het.
Die aansienlike toename in die gemiddelde pryse van die onderskeie kleurvariasies en gesplitstes is te danke aan die volgehoue toename in vraag na hierdie diere met hoeveelhede aangebied op amptelike wildveilings wat in die geheel aansienlik toegeneem het. Vergeleke met 2011 het kleurvariasies en gesplitstes ʼn beraamde 6% uitgemaak van die totale aantal diere wat verhandel is, met ʼn monetêre bydrae gelykstaande aan R155 miljoen of 16% van die totale veilingomset. Dit is ongeveer R100 miljoen of 5% meer as in 2011.
Kleurvariasies en gesplitstes wat vir die eerste keer op amptelike wildveilings verhandel het, sluit sogenaamde skilderblesbokke, vaal rooibokke, koninghartbeeste en kardinaalgemsbokke in. Die gemiddelde pryse vir die nuwe toetreders was R7 000 vir skilderblesbokke, R160 000 vir die vaal rooibokke sowel as vir die koninghartbeeste, en R140 000 per stuk vir die vier kardinaalgemsbokkoeie met kalwers (kyk Tabel 1).
Tabel 1: Gemiddelde wildveilingspryse: 2010 tot 2012
|
Wildspesie |
GEMIDDELDE WILDVEILINGSPRYSE |
||
|
2010 56 Veilings R |
2011 55 Veilings R |
2012 55 Veilings R |
|
|
Bastergemsbok |
67 178 |
108 219 |
223 650 |
|
Basterhartbees |
12 127 |
11 832 |
14 317 |
|
Bengaalse tier |
|
|
35 000 |
|
Blesbok/wit |
1 615 |
1 294 |
2 218 |
|
Blesbok/wit gesplitste |
|
|
2,400 |
|
Blesbok/gewoon |
1 262 |
1,122 |
1,226 |
|
Blesbok/geel |
9 500 |
8 666 |
47 375 |
|
Blesbok/rooi |
|
8 500 |
|
|
Blesbok/koper |
|
|
177 666 |
|
Blesbok/skilder |
|
|
7 000 |
|
Blouwildebees |
2 374 |
2 907 |
2 156 |
|
Blouwildebees/gesplitste |
|
23 221 |
52 853 |
|
Bontebok |
4 000 |
3 583 |
9 806 |
|
Bosbok |
2 557 |
4 123 |
7 135 |
|
Buffel/skoon |
325 282 |
510 225 |
447 494 |
|
Buffel/water |
35 000 |
|
|
|
Buffel/Oos-Afrika |
|
986 812 |
2 415 377 |
|
Bosvark |
|
400 |
600 |
|
Dassie |
|
500 |
63 |
|
Duiker/grys |
811 |
2 790 |
1 941 |
|
Duiker/blou |
|
10 000 |
|
|
Eland/gewoon |
7 153 |
6 711 |
5 473 |
|
Eland/Livingstone |
20 396 |
39 686 |
47 687 |
|
Emoe |
707 |
400 |
885 |
|
Gemsbok |
4 757 |
4 934 |
4 860 |
|
Goue gemsbok |
|
355 000 |
532 450 |
|
Goue wildebees |
265 312 |
459 416 |
514 159 |
|
Jagluiperd |
67 292 |
25 000 |
|
|
Kameelperd |
18 264 |
14 187 |
15 678 |
|
Klipspringer |
|
10 000 |
10 000 |
|
Koedoe/gewoon |
5 417 |
5 089 |
4 124 |
|
Koedoe/wit |
|
860 000 |
306 111 |
|
Koedoe/wit gesplitste |
|
|
16 090 |
|
Koedoe/bruin |
|
320 000 |
|
|
Kuifkoptarentale |
|
|
|
|
Koningwildebees |
|
|
3 350 000 |
|
Koningwildebees/gesplitste |
|
|
81 553 |
|
Koninghartbees |
|
|
160 000 |
|
Kardinaalgemsbok |
|
|
140 000 |
|
Lichtenstein se hartbees |
|
140 000 |
|
|
Lechwe |
10 369 |
8 625 |
8 533 |
|
Leeu/gewoon |
|
64 025 |
46 000 |
|
Njala |
6 979 |
6 809 |
7 686 |
|
Rietbok |
4 650 |
5 000 |
7 299 |
|
Rooibok/gewoon |
1 122 |
1 160 |
1 122 |
|
Rooibok/swart |
102 672 |
129 809 |
194 303 |
|
Rooibok/swart gesplitste |
|
8 000 |
25 085 |
|
Rooibok/swartrug |
|
355 000 |
818 750 |
|
Rooibok/swartrug gesplitste |
|
|
320 000 |
|
Rooibok/wit |
|
|
260 000 |
|
Rooibok/wit gesplitste |
|
|
10 750 |
|
Rooibok/vaal |
|
|
160 000 |
|
Rooihartbees |
3 971 |
4 314 |
3 828 |
|
Rooiribbok |
3 097 |
2 857 |
3 110 |
|
Rooikat |
|
|
1 200 |
|
Sebra/vlakte |
4 550 |
4 826 |
4 262 |
|
/Hartmann |
12 250 |
10 127 |
9 108 |
|
/Berg |
|
|
11 774 |
|
Seekoei |
43 144 |
48 125 |
34 500 |
|
Springbok/gewoon |
980 |
1 392 |
1 451 |
|
Springbok/gewoon hartwater |
7 598 |
8 952 |
14 463 |
|
Springbok/swart |
1 535 |
1 974 |
3 566 |
|
Springbok/swart hartwater |
|
|
45 238 |
|
Springbok/wit |
3 525 |
3 825 |
4 565 |
|
Springbok/koper |
5 682 |
5 226 |
7 778 |
|
Springbok/Kalahari |
|
2 486 |
2 323 |
|
Steenbok |
5 012 |
4 438 |
4 355 |
|
Swartwildebees |
2 154 |
2 970 |
2 192 |
|
Swartwitpens |
117 731 |
152 122 |
178 121 |
|
Swartwitpens/Zambies |
|
419 167 |
593 356 |
|
Swartwitpens/ Zambies kruis |
|
|
485 581 |
|
Kromhoringgemsbok |
|
7 550 |
|
|
Takbok / Fallow deer |
2 286 |
4 350 |
3 676 |
|
Takbok / Red deer |
|
6 600 |
|
|
Vlakvark |
710 |
1 306 |
1 000 |
|
Vaalribbok |
2 000 |
|
|
|
Volstruis |
1 297 |
2 619 |
1 735 |
|
Waterbok |
6 269 |
5 130 |
4 311 |
|
Witrenoster |
223 099 |
199 794 |
231 807 |
Die gemiddelde prys van siektevrye buffels het effens teruggesak vergeleke met dié wat in 2011 behaal is. Die gemiddelde pryse vir volwasse vroulike diere het egter ʼn aansienlike toename van R353 738 tot R512 730 getoon, met pryse vir buffelverse en -koeie met kalwers wat met R29 442 (5%) en R54 249 (6%) onderskeidelik afgeneem het. Die merkwaardigste afname
(-74%) was egter in die gemiddelde veilingspryse van volwasse buffelbulle wat gedaal het tot ʼn driejaar-laagtepunt gelykstaande aan R173 286. Die omvang van die daling in die gemiddelde veilingsprys van volwasse buffelbulle moet egter in konteks geplaas word, aangesien die 2011-prys effens opgeblaas is met die verkoop van 16 volwasse buffelbulle teen R1.5 miljoen elk gedurende die 2011 Thaba Tholo-veiling in Limpopo. Vergeleke met 2010, is die gemiddelde prys vir volwasse buffelbulle ongeveer 37% laer. Die gemiddelde prys vir jong buffelbulle toon ʼn soortgelyke tendens en is 50% laer as dié van 2011.
In teenstelling hiermee het die gemiddelde pryse van Oos-Afrika-buffels ʼn aansienlike styging getoon, naamlik van R986 812 na R2.4 miljoen. Die gemiddelde prys vir volwasse Oos-Afrika-buffelkoeie en -verse is ʼn beraamde R911 428 en R823 334 onderskeidelik. Die algehele gemiddelde prys is egter verhoog deur die waarde van koeie met kalwers vir R3.6 miljoen (2.7 miljoen uitgesluit die koei en kalf wat vir R20 miljoen tydens die Piet du Toit Wildbedryf se veiling in April verkoop is) asook bulle met ʼn gemiddelde prys van R2.9 miljoen stuks.
Die gemiddelde prys van swartwitpense sowel as van bastergemsbokke het dieselfde tendens as Oos-Afrika-buffels gevolg. Vergeleke met 2011, het die gemiddelde prys van swartwitpense met 17% of R25 999 toegeneem tot ʼn gemiddeld van R178 121. Die gemiddelde prys vir uitsluitlik vroulike diere was egter effens hoër teen R270 381. ʼn Soortgelyke situasie geld vir die Zambiese bloedlyn met die algehele gemiddelde prys wat toegeneem het met net meer as 40%. Bastergemsbokke het ook vir die eerste keer in verskeie jare ʼn merkwaardige toename getoon met pryse wat meer as verdubbel het, vergeleke met dié van 2011. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ʼn hernude vraag na hierdie diere, aangesien die hoeveelheid wat verhandel is, ook gedurende 2012 toegeneem het.
Die gemiddelde veilingspryse van witrenosters het ook gedurende 2012 toegeneem en word tans op R231 807 bereken. Die toename kan gedeeltelike toegeskryf word aan ʼn konstante vraag in teenstelling met ʼn 28%-daling in die aanbod van witrenosters op amptelike veilings gedurende 2012.
Die verskillende rekordpryse wat gedurende 2012 behaal is, het ook ʼn noemenswaardige bydrae tot die hoogste jaarlikse veilingsomset tot op hede gelewer. Tabel 2 gee ʼn aanduiding van rekordpryse wat deur die onderskeie spesies gehaal is. Daar moet egter op gewys word dat slegs sekere spesies hul rekordpryse in 2012 oorskry of geëwenaar het. Desnieteenstaande word elke spesie se hoogste prys vir die afgelope 20 jaar vertoon.
Tabel 2: Rekordwildveilingspryse 2012
|
Wildspesie |
Rekordpryse R |
Wildspesie |
Rekordpryse R |
|
|
Addaks |
40 000 |
Lechwe |
23 000 |
|
|
*Bastergemsbok |
400 000 |
Leeu/gewoon |
300 000 |
|
|
Basterhartbees |
32 500 |
Luiperd |
40 000 |
|
|
Bengaalse tier/gewoon |
40 000 |
*Njala |
82 000 |
|
|
Blesbok/wit |
4 700 |
Olifant |
90 000 |
|
|
/gewoon |
15 500 |
*Rietbok |
15 500 |
|
|
*/geel |
65 000 |
Rooibok/gewoon |
21 000 |
|
|
*/koper |
|
*/swart |
360 000 |
|
|
*/skilder |
7 000 |
/wit |
|
|
|
Blouwildebees |
29 000 |
/swartneus |
8 000 |
|
|
*Blouwildebees/goud |
1 400 000 |
/swartrug |
910 000 |
|
|
*Blouwildebees/koning |
4 500 000 |
/vaal |
160 000 |
|
|
Bontebok |
15 500 |
Rooihartbees |
8 100 |
|
|
*Bosbok |
13 500 |
Rooihartbees/koning |
160 000 |
|
|
Buffel/skoon |
18 000 000 |
Rooiribbok |
5 000 |
|
|
Buffel/water |
35 000 |
Rooikat |
3 500 |
|
|
*Buffel/Oos-Afrika |
26 000 000 |
Sebra/vlakte |
11 000 |
|
|
Bosvark |
1 250 |
/Hartmann |
18 000 |
|
|
Bergbok |
3 600 |
/Berg |
25 000 |
|
|
Bergskaap |
4 000 |
Seekoei |
61 000 |
|
|
Dassie |
1 100 |
Soenie |
5 511 |
|
|
Duiker/grys |
5 600 |
Springbok/gewoon |
2 400 |
|
|
/blou |
10 000 |
/hartwater |
24 000 |
|
|
Dwergbok |
3 160 |
/wit |
6 400 |
|
|
Eland/gewoon |
205 000 |
/koper |
9 000 |
|
|
/Livingstone |
800 000 |
/Kalahari |
2 650 |
|
|
Emoe |
4 500 |
Steenbok |
8 000 |
|
|
Eekhoring |
120 |
Swartwildebees |
4 400 |
|
|
Gemsbok |
10 000 |
*Swartwitpens |
2 300 000 |
|
|
*Goue gemsbok |
900 000 |
*Swartwitpens/ Zambies |
12 250 000 |
|
|
Kardinaalgemsbok |
140 000 |
Kromhoringgemsbok |
22 000 |
|
|
Grysbok |
2 500 |
Springhaas |
60 |
|
|
Gekolde katte |
10 200 |
Swartrenoster |
602 500 |
|
|
Hiëna |
500 |
Takbok / Fallow deer |
3 200 |
|
|
Jagluiperd |
75 000 |
/ Red deer |
1 200 |
|
|
Kameel |
19 500 |
Vaalribbok |
6 000 |
|
|
Kameelperd |
38 500 |
Vlakvark |
3 500 |
|
|
Klipspringer |
10 000 |
*Volstruis |
5 750 |
|
|
*Koedoe |
80 000 |
*Waterbok |
32 000 |
|
|
Koedoe/wit |
860 000 |
Wildekat |
1 800 |
|
|
Kuifkoptarentale |
1 200 |
Witrenoster |
720 000 |
|
|
Lama |
5 500 |
Wallaby-haas |
6 000 |
|
|
Lichtenstein se hartbees |
140 000 |
Wildehond |
15 500 |
|
|
|
|
Ystervark |
500 |
Ten slotte kan genoem word dat ongeveer 18 200 diere gedurende die 58 amptelike wildveilings, wat by die databasis ingesluit is, gedurende 2012 verkoop is. Hierdie diere het ʼn totale omset van meer as R960 miljoen gegenereer. Die toename in die gemiddelde pryse sowel as hoeveelhede van veral hoërwaarde-spesies en dié van kleurvariasies wat op amptelike veilings verhandel is, het ʼn noemenswaardige bydrae gelewer tot die hoogste amptelike wildveilingsomset in die geskiedenis. Alhoewel dit nie so duidelik uit die gemiddelde pryse, soos in bostaande tabelle weergegee is, blyk nie, is dit duidelik uit die rou data dat diere van uitsonderlike gehalte, veral onder die meer algemene spesies, steeds uitsonderlike pryse behaal ten spyte van ʼn algehele dalende prystendens. Dit, gepaard met die toenemende prystendense van veral hoërwaarde-diere en dié van kleurvariasies, is ʼn teken dat die beleggingsvertroue in die bedryf steeds hoog is en dat 2013 selfs ʼn beter jaar as 2012 kan oplewer.