Menu

AANBIEDERS VAN WILD EN WRAGTAG


Aanbieders 1ADAM TAS

Adam is nie net ’n gewilde Afrikaanse sanger nie, hy staan ook vierkantig met albei voete in die wildbedryf. Hy is ’n opgeleide veldwagter en is by die Field Guides Association of Southern Africa (FGASA) geregistreer. Adam is ‘n kranige boogjagter wat al talle spesies op die " walk en stalk" metode gejag het. Hieronder tel njalas. blouwildebeeste, blesbokke, takbokke, rooibokke, Europese bosvarke, vlakvarke, swartrug jakkalse, gemsbokke en waterbokke. Hy boer ook saam met sy pa by Rooibokkraal waar hulle teelprojekte met skoon Oos-Afrika buffels, swartwitpense, swart rooibokke, njalas en goue wildebeeste bedryf.

JOKL LE ROUX (VELDAANBIEDER)

Jokl le Roux is ‘n bekende bewaringskundige en joernalis. Hy het ‘n honneursgraad in geologie en het in geologie en paleontologie gespesialiseer voor hy vir sowat 17 jaar by die Oos-Kaapse Wildbestuursgenootskap betrokke was. Hy is ook ‘n vuurwapenkenner en ervare jagter.

back to top
FaLang translation system by Faboba

Born to Hunt - Gallery!!

.