Wild & Jag tuiste
               
 
   

MISSIE
Om ons lesers en die hoofrolspelers in die wildbedryf van relevante en opgedateerde inligting in lesersvriendelike formaat te voorsien. Ons poog om daardeur die konsep van volhoubare en ekonomiese benutting van wild in die algemeen, maar meer spesifiek in die Suid-Afrikaanse omgewing, te bevorder.

Ons teikenmark is die "aktiewe natuurbewaarders": jagters, wildboere, natuurlewebestuurders en ekotoeriste, beide Afrikaans- en Engelssprekend.

GESKIEDENIS
WILD & JAG word reeds vyftien jaar lank gepubliseer.

SIRKULASIE
Verkope het sommige maande reeds 10 000 per maand bereik en groei steeds. WILD & JAG is verkrygbaar in boekwinkels en ander kleinhandel-afsetplekke regdeur Suid-Afrika, Namibië en 'n paar ander Suider-Afrikaanse lande.

GEREELDE BYDRAES

  • Jagartikels, insluitende tegniese artikels;
  • Artikels oor algemene natuurbewaringsaangeleenthede;
  • Produksie, bemarking, ekonomiese en ekologiese aspekte van wildboerdery;
  • Gereelde verslag oor wildveilingspryse;
  • Veldvoertuie;
  • Organisatoriese sake met betrekking tot bewaringsorganisasies;
  • Verslag oor relevante bewaringsaangeleenthede geïnkorporeer in die "Endangered Wildlife Trust Update". - EWT
  • Nuus oor die wildbedryf.

HOOFARTIKELS
Elke uitgawe bevat 'n hoofartikel oor 'n belangrike aspek van die wildbedryf sowel as 'n artikel oor 'n spesifieke dier - insluitende kleinwild, grootwild en karnivore. Daar is ook 'n natuurartikel (wetenskaplik-populêr) oor Suid-Afrika se plantlewe en/of geografiese aspekte.

VENNOOTSKAPPE
WILD & JAG werk nou saam met NGO's (nie-regeringsorganisasies) op die gebiede van wildboerdery, jag en bewaring. Hulle sluit in: